Landbouministerie kanselleer boorpermitte vir uraan-eksplorasie by Leonardville

Die Namibiese landbouministerie het Headspring Investments wat by Leonardville met uraan-eksplorasie besig is, se permitte vir die boor van 37 boorgate gekanselleer. Dié filiaal van die Russiese kernkragkorporasie, Rosatom, voldoen nie aan die voorwaardes ingevolge waarvan sekere permitte uitgereik is nie, sê die ministerie.