Landbou-uitvoere het nie swartbemagtiging bewyse nodig nie

Die landbou-organisasie, Saai, sê die uitvoer van landbouprodukte sal nie belemmer word indien die uitvoerder nie ‘n Breedgebaseerde Swart Ekonomiese Bemagtigingsertifikaat inhandig nie. Die organisasie het regsadvies ingewin nadat uitvoerders van landbouprodukte sedert Oktober verlede jaar bekommerd was omdat die uitvoerbeheerraad vir bederfbare produkte aangedring het dat BB-BEE-sertifikate ingehandig moet word. Saai se uitvoerende hoof, Francois Rossouw, sê die raad het ook bevestig dat dit tans nie eens konsep-kriteria het waar BB-BEE ‘n rol speel nie.