Zim se CCC-party sê sy ondersteuners is gearresteer

Zimbabwe se vernaamste opposisieparty sê minstens 80 van sy ondersteuners is oor die naweek in hegtenis geneem terwyl hulle ‘n deur-tot-deur veldtog gevoer het in aanloop tot die parlementêre tussenverkiesings wat volgende maand gehou word. Die Citizens Coalition for Change-party, voorheen bekend as die MDC, sê hulle lede word in Masvingo, 300 kilometer suid van die hoofstad Harare, aangehou. Die aanklagte is volgens die party, nie duidelik nie. President Emmerson Mnangagwa het verlede week by ‘n saamtrek van die Zanu-PF-party gesê dat geen opposisie-party die land sal regeer nie.