Verlate taxi met beursie in word nou ondersoek

‘n Taxi met nommer X636 is tien kilometer Suid van Sukses op die B1 roete opgemerk. Die voertuig is langs die pad geparkeer en daar is ‘n beursie en ‘n langbroek in. Volgens Sean Naude van die Namibian Marshall Rangers is die voertuig reeds ‘n week lank daar geparkeer en owerhede is tans ingelig en stel ondersoek in.