Landbou se saad is op

Voorrade van gesertifiseerde gehalte-saad wat geproduseer en verkoop word aan gemeenskappe, regerings en individue deur die Noordelike Namibië Boere Saadkwekers Koöperasie by die Omahenene-saadvermeerderings- en saadverwerkingsaanleg in die Omusati-streek, is uitgeput. Hierdie tyd van die jaar haas saaiboere en gemeenskapslede hul na die koöperasie om saad aan te koop, maar die paar ton wat ontvang is, is binne drie weke verkoop weens die groot aanvraag. Die koöperasie onder die landbou-ministerie het vanjaar min sade geproduseer weens die swak reënval wat verlede jaar ontvang is.