Mynbase moet mooier kyk na infrastruktuur

Die leier van die Transformation Alliance, Abel Tau, doen ‘n beroep op mynondernemings in Suid-Afrika om hul infrastruktuur te onderhou, veiligheidsbeamptes op te lei en te alle tye noodreaksie op ‘n hoë gereedheidsgrondslag te hê. Dit volg nadat 11 mynwerkers van Impala Platinum in Rustenburg, Noordwes, dood en 75 beseer is toe die hysbak waarmee hulle na die oppervlak gery het, in ‘n skag afgetuimel het. Tau sê hierdie ongelukkige voorval plaas die kollig op die veiligheid van mynwerkers en dit is ‘n ernstige bron van kommer.