Lae reënval raak ook tronk se voedselproduksie

Die Namibiese Korrektiewe Diens se geïntegreerde voedselproduksieprojek is van stapel gestuur om die regering se pogings te ondersteun om binnelandse voedselproduksie op te skaal, landbouwaardekettings te ontwikkel en sosio-ekonomiese uitkomste te verbeter. Die idee is ook om gevangenes met hul eie produkte te kan voed en om hulle deur boerdery te rehabiliteer. Die hoof van Korrektiewe Dienste, kommissaris-generaal Raphael Hamunyela, het egter aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die reën vanjaar baie min was en hulle staar ernstige uitdagings in die gesig, veral met die beeste.