DA stel Mpho weer voor

Die DA het sy voormalige burgemeester in die Johannesburgse metro, Mpho Phalatse, benoem om weer die pos oor te neem. Dit volg nadat Thapelo Amad bedank het ‘n dag voordat ‘n mosie van wantroue van die DA en ActionSA gedebatteer sou word. Die DA se voorsitter in Gauteng, Fred Nel, sê Amad het geen ander keuse gehad as om te bedank nie. Hy sê die party het Phalatse gekies weens haar ondervinding in die posisie: