Landbou-opleiding vir regeringslui is uitstekend

Die Voedsel- en Landbou-organisasie van die Verenigde Nasies het ‘n tweedaagse opleidingsessie gehou oor die riglyne oor die verantwoordelike bestuur van verblyfreg van grond, visserye en woude in die konteks van nasionale voedselsekerheid. Dit is aan regeringsamptenare aangebied. Dit het opleiding ingesluit oor die Afrika-unie se verklaring oor grondkwessies en -uitdagings, en sy raamwerk en riglyne oor grondbeleid in Afrika. Plaaslike landboudeskundige, Wallie Roux het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en sê die tipe opleiding is uiters belangrik.