Lourenco is onder druk na hy groot meerderheid verloor

Angola se President Joao Lourenco het by sy inhuldiging belowe om werk te skep vir die land se grootliks werklose jeug. Lourenco is ingesweer is ná ’n verkiesing wat hy erken baie sterk deur die opposisie betwis is. Vroeër het die land se konstitusionele hof ‘n aansoek deur Unita om die uitslag nietig te verklaar, van die hand gewys. Unita het 44 persent van die stem op hom verenig en ontleders vrees daar kan moontlik geweld uitbreek as die jeug antwoord gee op Unita se beroepe vir betogings op 24 September.