Landbou-ministerie waarsku teen onwettige grondtransaksies

Die landbou-ministerie sê hy word oorval met berigte van onwettige grondtoekennings, verkope en besettings van sekere plase sowat 62 kilometer noord van Tsumeb. Die betrokke plase is hervestigingsplase wat verkry is vir die doel van hervestiging, en die ministerie het hulle reeds aan begunstigdes toegewys. Sekere persone, insluitend sommige lede van die Tsintsabis-gemeenskap, is na bewering by onwettige grondtransaksies op die plase betrokke. Gevolglik het ‘n aantal individue grond onwettig gegryp of is dit aan hulle toegeken, maar slegs die landbou-minister het die bevoegdheid om grond op hervestigingsplase toe te ken. Lede van die publiek moet waaksaam wees om nie die slagoffer van onwettige grondtransaksies op hierdie plase te word nie en moet enige persoon aanmeld wat met sulke onwettige koop of verkoop van grond handel.