Landbou, klein ondernemings ‘kan ekonomie help’

Die Wêreldbank sê Namibië sal eers op lang termyn die voordele van groen waterstof, olie en gas kan pluk, aangesien die sektore kapitaalintensief is. Die bank se vise-president vir Oos- en Suidelike Afrika, Dr Victoria Kwakwa, sê waardetoevoeging in landbou en klein- en medium ondernemings, sal op kort termyn werkloosheid en ekonomiese druk verlig. Sy het aan president Hage Geingob by Staatshuis gesê die bank is gereed om saam te werk in sektore soos onderwys, behuising, digitale transformasie, energie en klimaatsverandering, in ‘n poging om Namibie se sosio-ekonomiese standaarde op te hef.