Landbou-kenner maan oor peste en siektes

Die Suid-Afrikaanse landboubedryf se volhoubaarheid word bedreig deur die onlangse uitbrekings van peste en siektes. Die produksie-waardeketting het erg deurgeloop wat tot ‘n bedreiging vir voedselsekuriteit lei. Vroeë opsporing, voorkoming en vinnige optrede wat dieregesondheid en vee-noodgevalle betref, is nou uiters noodsaaklik. Boere word gewaarsku om ekstra versigtig te wees en alle moontlike voorsorgmaatreëls te tref.  Kosmos 94.1 Nuus het die Namibiese landboukenner, Wallie Roux, gevra hoe hierdie situasie in vergelyking met Namibië is.