Vragmotorongeluk in Zambië eis 19 lewens

Minstens 19 mense is in die noorde van Zambië dood toe ‘n vragmotor in ‘n rivier gestort het. Die vragmotor het bok- en bone-handelaars na Kasama-stad vervoer. Volgens internasionale media is vyf mense beseer en 21 ongedeerd.