Landbou is baie meer as net boere

Die landbouminister Calle Schlettwein is op besoek aan die Otjozondjupa-streek. Hy het Namib Meulens se aanleg in Otavi besoek en het weer die belangrikheid van die landbouwaardeketting vir Namibië beklemtoon. Hy sê dat landbou nie net oor boere gaan nie en rolspelers soos Meulens is krities vir die sektor.