Landbou in Namibië moet voortbou op ekonomiese prestasie

Die lewendehawe-sektor se bydrae tot die BBP van die Namibiese ekonomie het in die tweede kwartaal van 2022 met 3,8 persent gegroei. Die landbouminister Calle Schlettwein sê dit is ‘n indrukwekkende prestasie, wat selfs aansienlik beter kon gewees het as dit nie vir veediefstal en stropery was nie. Hy sê veediefstal het ‘n ernstige risiko vir boere landwyd en die ekonomie geword. Die ministerie se woordvoerder Jona Musheko sê daar moet gebou word op die positiewe groei.