SA vry ook Midde-Ooste toe vir beleggings 

Die Handelsbeleggingsforum in die buurland gaan ondersoek instel na hoe Suid-Afrika meer beleggings vanuit Saoedi-Arabië kan lok. Die aankondiging kom na die Namibiese regering reeds ‘n geruime tyd poog om beleggers uit die Midde Ooste te lok. Die negende sitting van die Gesamentlike Ekonomiese Kommissie vir die Republiek van Suid-Afrika en die Koninkryk van Saoedi-Arabië het gister in Pretoria begin. Dit is tydens hierdie sitting aan die lig gebring dat die algehele bilaterale handel tussen die twee lande op 66 miljard Suid-Afrikaanse rand staan. Volgens die buurland se handelsminister, Ebrahim Patel, staan uitvoere op 5,5 miljard rand en invoere op 60,61 miljard rand: