Landbou-entstowwe – daar’s plaaslik ook tekorte

Entstoftekorte vanaf Onderstepoort duur voort en dit het ook ‘n impak op Namibië. Daar is aangekondig dat verskeie produkte binnekort beskikbaar sal wees vir landbou, maar in ander gevalle is daar eenvoudig geen beskikbare produkte nie. Namibië is grootliks afhanklik van Suid-Afrikaans-vervaardigde entstowwe in die landbousektor. Dr. Albertina Shilongo, die hoof van veerartsenydiense, sê daar is plaaslik ook tekorte.