Guterres vaar uit teen die mensdom by COP15

Die COP15-beraad het begin in Montreal in Kanada. Afgevaardigdes van byna 200 lande twee weke spandeer om ‘n nuwe wêreldwye ooreenkoms uit te voer om die wêreld se sukkelende spesies en vinnig verdwynende natuurskoon te beskerm. Die wêreld se laaste stel natuurteikens – die Aichi-teikens – het in 2020 verval. Tans is daar geen wêreldwye ooreenkoms om die natuur te beskerm in werking nie. Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Antonio Guterres, het harde woorde vir die mensdom by die opening van die beraad gehad.