Merk van senior vraestelle staan einde se kant toe

Die direktoraat van nasionale eksamens in die onderwysministerie sê hy is hard aan die werk met die merk van senior vraestelle. Die direkteur Clemmentine Garises het aan plaaslike media gesê dat net meer as 38 000 voltydse kandidate het die senior sertifikaat, of graad 11, eksamens afgelê met net meer as 32 500 wat deeltyds studeer, wat ook die eksamens voltooi het. ‘n Totaal van 8 620 voltydse leerders het vir die sogenaamde Advanced Subsidiary-eksamens gesit met 591 deeltydse studente wat ook die eksamens voltooi het. Dit is die tweede jaar wat die AS-vlak aangebied word in die land. Intussen, terwyl daar op die uitslae gewag word, het die studente hulpfonds, sowel as tersiêre instansies reeds oopgemaak vir aansoeke vir befondsing en studiekursusse.