PAP: Franssprekende lande glo boelies

Die Pan-Afrika Parlement in Midrand, Johannesburg, sal na verwagting vandag vir ‘n nuwe leierskap stem te midde van spanning oor die verkiesingsproses. Die ANC-hoofsweep, Pemmy Majodina, het gesê hulle is moeg daarvoor om deur verteenwoordigers van Franssprekende lande geboelie te word. Hulle wil hê daar moet ‘n roteringstelsel wees wat Suider-Afrikaanse en noordelike lande ook ‘n kans gee om PAP te lei.