Landbou boor in 13 streke vir water vir gemeenskappe

Die Namibiese landbou-ministerie se departement van watervoorsiening en sanitasie is tans op die oomblik besig om boorgate in dertien streke van die land te boor. Die Oshana-streek is uitgesluit omdat die streek ‘n baie goeie pyplyn-infrastruktuur het. Die boorgate sal toegerus word en aan die gemeenskappe oorhandig word. Volgens die ministerie vorm die projek deel van watervoorsiening vir landelike gemeenskappe.