Eskom se 20,5%: Tshwane skop ook vas

Eskom se eise vir ‘n 20,5 persent vehoging bly in die nuus. Die burgemeester van Tshwane, Randall Williams, sê Eskom is ‘n mislukte staatsinstelling en moet so gou moontlik ontbondel en geprivatiseer word. Williams sê in ‘n ekonomies moeilike tyd in die land, sal die voorgestelde verhogings tot ‘n verlies aan werksgeleenthede lei. Hy sê verder Tshwane se inwoners en die stad kan dit nie bekostig nie, aangesien hulle in die lig van die Covid-19-pandemie volhoubare ekonomiese herstel nodig het: