Lichtenstrasser vra vandag vir borg

Die hofrol dui aan dat die moordbeskuldigde en werknemer van die Namibiese Myn en Tegnologie Instituut, Ernst Lichtenstrasser vandag in die hoërhof in die gevangenis, aansoek om borg sal doen voor regter Claudia Claasen. Die 58-jarige Lichtenstrasser is in 2019 gearresteer en staar agt klagtes in die gesig wat verbind word met die moorde van NIMT se Uitvoerende Direkteur Eckhart Mueller en sy adjunk Heimo Hellwig op 15 April 2019 op Arandis. Hy is al borg in die laerhof geweier. Lichtenstrasser het onskuldig gepleit op alle klagte en sy saak duur voort in die Windhoek hoërhof.