Lalela Mswane is Juffrou Suid-Afrika 2021

Lalela Mswane is as Juffrou Suid-Afrika vir 2021 gekroon. Die 24-jarige van KwaZulu-Natal het die kompetisie se glansryke geleentheid by die GrandWest Casino in Kaapstad gewen. Mswane het ‘n BA-graad in Regte van die Universiteit van Pretoria. Sy gaan een-miljoen-rand in kontant ontvang, die gebruik van ‘n ten volle gemeubileerde woonstel in Sandton en ‘n Mercedes Benz C-klas vir die jaar wat sy die kroon dra. Die twee naaswenners is Moratwe Masima, ‘n dokter van Midrand in Gauteng en ‘n B Comm-Regte-student, Zimi Mabunzi, van die Oos-Kaap.