Kaapstad begin binnekort met indiensnemingsprogram

Kaapstad gaan binnekort sy openbare indiensnemingsprogram van stapel stuur wat werkgeleenthede aan duisende mense gaan verskaf. Die stad sê 160-miljoen-rand gaan aan die uitgebreide openbare werke-program bestee word om net minder as vier-duisend mense in diens te neem. Hulle gaan openbare dienste-verwante werk verrig, soos om as brand- en veiligheidsbeamptes in informele nedersettings op te tree. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Geleenthede, James Vos, sê die inisiatief kom op ‘n tydstip dat Suid-Afrika probeer om sy hoogste werkloosheidskoers ooit, te verlaag