Jongste statistiek oor Covid-19

Die Namibiese gesondheidsministerie het bekendgemaak dat die Covid-19 positiewe koers tans 2,2 % is met ‘n herstelkoers van 97%. Die 65 nuwe gevalle sluit 18 leerlinge, twee gesondheidswerkers en vyf onderwysers in. Tans het 295 098 mense reeds een dosis entstof ontvang, terwyl 222 612 ten volle ingeënt is.