Laerskoolleerders van Oos-Kaap glo deur verbyganger vergiftig

Die Oos-Kaapse departement van onderwys het sy skok uitgespreek nadat 70 leerders van die Laerskool Nkangala verlede week vergiftig is. Die leerders het na bewering vrugte ontvang uit ‘n voertuig met ‘n Durbanse registrasienommer. ‘n Woordvoerder van die departement, Vuyiseka Mboxela, sê die leerders het ondraaglike maagpyn ervaar nadat hulle die vrugte geëet het.