AfriForum laat vaar lastersaak teen Gautengse LUR vir onderwys

AfriForum gaan sy lastersaak teen die Gautengse LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, laat vaar nadat hy sy bewerings teruggetrek het dat die drukgroep sy gesin agtervolg en hom wou laat vermoor het. Lesufi het in Junie verlede jaar gesê hy sal hom nie laat intimideer en stilmaak nie nadat AfriForum met regstappe teen hom gedreig het. AfriForum se uitvoerende hoof, Kallie Kriel, sê hulle het na ‘n bemiddelingsproses ingestem om in vrede saam te werk.