Laekoste lugredery Mango skort vlugte na Zanzibar op

Die Suid-Afrikaanse laekoste lugdiens, Mango het bekendgemaak dat hy sy vlugte na Zanzibar van vandag af gaan opskort, maar dat sy vlugte in die buurland sal voortgaan. Samesprekings met die regering en ander moontlike toekomstige vennote sal intussen voortgesit word om die finansiële verknorsing van die redery te bespreek en met voorstelle oor sy voortbestaan vorendag te kom.