Polisie ondersoek die gru-ongeluk waarin 10 mense sterf buite Nkurenkuru

Die name van die tien oorledens in Vrydagaand se gru-botsing reg van voor buite Nkurenkuru in Kavango-Wes is nog nie bekendgemaak nie. Die een voertuig het in die botsing aan die brand geraak en van die liggame is onherkenbaar verbrand.Die Namibiese polisie is besig met ‘n ondersoek oor die omstandighede van die botsing en om die identiteite van die oorledenes te bepaal. Volgens adjunk-kommissaris Abner Agas van Nampol, het hulle aanvanklik gedink elf mense is in die botsing dood. Die een oorlewende is in die staatshospitaal op Rundu met ernstige beserings opgeneem.