Twee Covid-sterfgevalle op Oshakati aangemeld

Die Namibiese gesondheidsministerie het twee Covid-sterfgevalle in die Oshakati-distrik aangemeld, asook 451 nuwe gevalle uit 2 045 toetsuitslae wat ‘n positiewe koers van 22,2 persent verteenwoordig. In die groep is 51 leerders, 10 gesondheidswerkers, ses onderwysers en vier studente. Daar is nou 10 954 aktiewe gevalle, waarvan 402 pasiënte in hospitale is en 34 in hoësorgeenhede. Altesaam 347 011 persone, 23,1 persent van die geteikende bevolking, is ten volle ingeënt.