VSA: dodetal styg tot 94, meer word verwag

Die dodetal na kragtige tornado’s in dele van ses Amerikaanse state het tot minstens 94 gestyg. Tientalle mense is steeds vermis nadat die tornado’s sedert Vrydag van Arkansas tot Kentucky ‘n spoor van verwoesting gelaat het. Kentucky is die ergste geraak en President Joe Biden het die staat intussen tot ‘n rampgebied verklaar. Die luitenant-goewerneur van Kentucky, Jacqueline Coleman, sê hulle verwag die dodetal sal verder styg en noodlenigingswerk is aan die gang: