Lady Gaga se honde-ontvoerder moet 21 jaar sit

Die man wat verlede jaar Lady Gaga se hondewandelaar geskiet het, is tot 21 jaar agter tralies gevonnis. Ryan Fischer is beseer toe James Howard Jackson en sy medepligtiges in Februarie twee van die Amerikaanse sanger se Franse bulhonde in Los Angeles gesteel het. Die polisie glo die diewe het nie geweet wie se honde dit is nie, maar het hulle weens hulle waarde gesteel. Die sanger, wie se regte naam Stefani Germanotta is, het destyds ‘n beloning van 8,5 miljoen Namibiese dollar aangebied. Die honde, Koji en Gustav, is ‘n paar dae later terugbesorg.