Harry en Meghan laat die herrie los

Vrae word gevra oor die tydsberekening van die vrystelling van prins Harry en Meghan se Netflix-dokumentêr. Die eerste lokprent is vrygestel toe prins William en Kate die VSA besoek het en nou is die tweede lokprent bekend. Daar is kenners wat meen die twee wil eenvoudig geld maak en dien niemand en niks daardeur nie behalwe hulleself. Ander meen Harry vergelyk sy vrou met sy oorlede ma, Diana. Maar wat ookal die waarheid is, almal wag vir die eerste vrystelling op 8 Desember.