R350 000 se perlemoen in Grabouw gevind

Die Wes-Kaapse LUR vir Gemeenskapsveiligheid en Polisie-oorsig, Reagan Allen, het die Overstrandse honde-eenheid se inhegtenisneming van vier lede van ‘n beweerde perlemoensindikaat naby Grabouw verwelkom. Die eenheid het beslag gelê op 1 563 perlemoen met ‘n geraamde straatwaarde van 350 000 Suid-Afrikaanse rand. Allen sê daar is ‘n groot behoefte aan die uitbreiding van die eenhede, aangesien die regering steeds bewys dat dit nie een van sy prioriteite is om die polisie in die provinsie van hulpbronne te voorsien nie: