Laat vaar Assange se uitlewering, vra verloofde aan Biden

Dit verloofde van die Wikileaks-stigter Julian Assange, het ‘n beroep op President Joe Biden gedoen om hom vry te laat. Stella Morris het aan internasionale nuusagentskappe gesê as die VSA weer die wêreldleier in persvryheid wil wees en die nalatenskap van Donald Trump uiteindelik agter hom wil sit, is dit die enigste opsie. Amerikaanse owerhede wil Assange vervolg vir die grootste openbaring van geklassifiseerde militêre dokumente in die Amerikaanse geskiedenis. Tydens die Obama-administrasie, met Biden as vise-president, is daar besluit om nie sy uitlewering aan te vra nie. Hy word op die oomblik in Belmarsh aangehou. Die Britse regter, Vanessa Baraitser het die aansoek om uitlewering van die hand gewys maar Amerikaanse owerhede is steeds besig met die regstryd.