Nantu spring in by onderwys-inenting

Die Namibiese Nasionale Onderwysersunie Nantu, in samewerking met die gesondheidsministerie en die van onderwys het ‘n veldtog van stapel gestuur om alle studente en onderwysers te motiveer om ingeënt te word. Daar is tans ‘n inentingspunt by die sogenaamde Government Office Park in die hoofstad. Nantu se sekretaris-generaal Loide Shaanika sê hulle moes intree en hulle deel doen…