Chauvin vandag gevonnis

Die oud-polisiebeampte van Minneapolis wat aan die moord op George Floyd skuldig bevind is, word vandag gevonnis. Derek Chauvin het verlede jaar op 20 April nege-en-‘n-half minute lank met sy knie op Floyd se nek gedruk. Hy is skuldig bevind aan moord in die tweede graad, moord in die derde graad en strafbare manslag in die tweede graad. Volgens die wet in Minnesota sal hy gevonnis word volgens die ergste van die drie aanklagte omdat al drie uit dieselfde optrede spruit.