Laaste polisieman in Floyd-moord, gevonnis

J. Alexander Kueng, ‘n voormalige polisiebeampte van Minneapolis is tot drie en ‘n half jaar tronkstraf gevonnis vir sy betrokkenheid by die moord op George Floyd in Mei 2020. Kueng het in Oktober skuld beken op ‘n enkele klag van hulp aan manslag. Hy is reeds besig om ‘n vonnis van twee en ‘n half tot drie en ‘n half jaar uit te dien op federale klagte in verband met Floyd se dood. Hy was een van vier beamptes wat op 25 Mei 2020 na ‘n kruidenierswinkel in Minneapolis ontbied is en Floyd in hegtenis geneem het weens die vermoede dat hy ‘n vals 20-dollar noot gebruik het om sigarette te koop.