Zim-ekonoom sê Mnangagwa is gewaarsku oor kragkrisis

Die bekende Zimbabwiese ekonoom Eddie Cross en biograaf van President Emmerson Mnangagwa, sê hy het reeds in Januarie vanjaar die president gewaarsku oor die land se kragopwekkingskrisis en sou dit nie aangespreek word nie, sal Zimbabwe se ekonomiese vooruitsigte kwyn. ‘n Opvolg vergadering is later gehou en Cross sê verskeie ministers, die van energie, handel, landbou en finansies, was teenwoordig. Die president is ingelig dat daar nie geld is nie, en ook geen plan om die dreigende probleem aan te spreek nie. Op die oomblik verduur die land rondom 19 ure sonder krag, elke dag, as gevolg van die vlakke in die Karibadam. Cross sê die uitdaging is algemeen in die streek. Eskom se skuld is byvoorbeeld 280 persent meer as Zambië se nasionale skuld. Cross sê die blaam kan op bevrydingstreid regerings en swak beplanning geplaas word.