Laaste openbare verhoor oor 6 Jan. vanaand

Die geskose komitee se ondersoek na die aanval op 6 Januarie op Capitol Hill in Washington deur Donald Trump-ondersteuners sluit sy somerverhore vanaand af met ‘n uitsending wat gefokus is op die drie ure van Trump se optrede en vermeende woede tussen sy toespraak waarin hy sy ondersteuners versoek het om “soos die hel” te baklei en die finale vrystelling van ‘n video waarin oproeriges aangemoedig word huis toe te gaan. Dit is die finale openbare verhoor van die agt wat die gekosie komitee van die Huis van Verteenwoordigers sedert middel Junie gehou het. Dit sal plaaslike tyd om twee-uur op internasionale nuuskanale en die internet begin.