Bou van kommersiële eenhede in Whk is bestendig

Die konstruksie van kommersiële eenhede is bestendig in die hoofstad. IJG Sekuriteite het die planne vir Junie bekend gemaak. Vyf nuwe eenhede is gedurende die maand goedgekeur met ‘n waarde van 14,8 miljoen Namibiese dollar. Dit is vergeleke met twee ter waarde van 3,35 miljoen dollar in Mei. Vanaf 1 Januarie is 17 kommersiële bouplanne goedgekeur met ‘n waarde van 57,3 miljoen dollar. Op ‘n jaargrondslag verteenwoordig die syfer 10,5 persent afname in getalle en 14,6 persent in waarde teenoor 2021. Vergeleke oor ‘n 12-maande periode is 33 eenhede in die vorige jaar goedgekeur teenoor 32 tans.