Laaste BTS-lede sluit by weermag aan

Die oorblywende vier lede van K-pop-supergroep BTS sal vandeesweek hul 18-maande militêre diensplig in Suid-Korea begin met aanhangers wat belowe om te wag tot 2025 vir hulle om weer as ‘n groep op te tree. V, een van die sangers, het aan hulle aanhangers gesê dit sal goed gaan. Die leier van die groep RM het ook geskryf dat hy dalk soms eensaam is, maar dat die 18 maande ’n kans sou wees om nuwe inspirasie te kry en nuwe dinge te leer.