Niks sal van Shikongo se ongeluk kom nie – Amushelelo

Die berugte aktivis Michael Amushelelo sê daar sal niks kom van die sogenaamde ondersoek na die noodlottige ongeluk waarin die polisiehoof, luitenant-generaal Joseph Shikongo verlede jaar op 30 Desember in die Noorde betrokke was nie. Drie mense is dood en blykbaar is die dossier teruggestuur na die mag toe om sekere bepalings na te kom. Amushelelo sê daar sal niks daarvan kom nie. Hy sê die hoogste geledere van die regering is korrup.