Kenner reageer op Swartbooi se koalisie-raad

Reaksie word ontvang op berigte dat die leier van die Landless People’s Movement, Bernadus Swartbooi sê koalisies is ‘n goeie opsie maar is sinneloos as daar nie doelgerigte planne is wat die koalisie aandryf nie. Die swakpunte van koalisies, veral met binnegevegte, is in die afgelope paar jaar blootgelê veral by die Windhoek stadsraad. Dr. Ndumba Kamwanyah, politieke ontleder, gesels oor die uitdagings.