Biden waarsku Putin oor kern- en chemiese-wapens

Amerikaanse President Joe Biden sê sy Russiese eweknie Vladimir Putin sal ‘n groot fout maak om kern- of chemiesewapens in die Oekraïne te gebruik. Dit het wenkbroue laat lig maar, kenners sê die aanmerkings is nie as gevolg van intelligensie-verslae nie, maar eerder, ‘n antwoord op ‘n vraag tydens ‘n onderhoud op die Amerikaanse nuuskanaal, CBS, se 60 Minutes-program.