KZN: Vlak 10-waarskuwing geld steeds vandag

Die eThekwini-munisipaliteit het meer as 200 mense ontruim nadat swaar reën die naweek chaos in KwaZulu-Natal veroorsaak het. Drie liggame is Saterdag langs ‘n rivier in die KwaSeme-gebied gevind. Rampbestuurspanne en nooddiensbeamptes is steeds op ‘n hoë gereedheidsgrondslag en ‘n vlak 10-waarskuwing van die Suid-Afrikaanse Weerdiens bly van krag. eThekwini se burgemeester, Mxolisi Kaunda, sê die grootste skade word teen die kus en in die noordoostelike dele van die provinsie verwag: