KZN bestee onregmatig amper R1 miljard 

Die DA in KwaZulu-Natal sê ‘n vergadering wat die Parlement se staande komitee oor Openbare Rekeninge met die provinsiale Departement van Onderwys gehou het, het ‘n ernstige fiskale gemors ontbloot met die potensiaal om die provinsie finansieel te ruïneer. Die byeenkoms het aan die lig gebring dat die departement se oortrokke rekening byna 1 miljard Suid-Afrikaanse rand is. Francois Rodgers van die DA sê dit is die gevolg van astronomiese ongemagtigde uitgawes, wat tans op 973 miljoen rand staan: