Unam se finale rooster blyk om aanvaar te wees…

Die uitdagings met die finale eksamenrooster by Unam is opgelos en die studente het hul roosters ontvang. Dit kom nadat die studenteraad ingegryp het nadat hy die rooster as onrealisties beskryf het. Die eksamens sal nou eers 31 Oktober in plaas van 27 Oktober plaasvind. Die universiteit se woordvoerder Simon Namesho sê hulle wag net vir terugvoering maar dit blyk of die nuwe rooster aanvaarbaar is.